
10FM SKOLEPROJEK
Die vertoning word gratis by Afrikaanse laerskole dwarsdeur Suid-Afrika aangebied.
Die vertoning is hip-hop, musikaal en interaktief en tussen al die pret deur, word die kinders meer geleer omtrent die Tien Gebooie.
Die volgende dag word die cd teen R40 verkoop – die vertoning is bloot om die kinders geïnteresseerd te kry in die boodskap wat Steyn van die Tien Gebooie oordra – die res word alles op die cd gevind. Die dvd (’n opname van ‘n vertoning) is ook beskikbaar teen R80. Indien ’n cd en dvd stel gekoop word, is dit slegs R100 in plaas van R120.
Die cd is ’n nabootsing van ’n radiostasie en bekende mense soos lede van Noot vir Noot se MusiekFabriek, die band Watershed, Ghapi, ens. praat oor hul Christenskap.
Wat hierdie vertoning uitsonder van ander, is die feit dat die kinders vir Steyn ontmoet, sonder rook en ligte, en dan kan hul self besluit of hul dievolgende dag ’n cd of dvd wil koop of nie.
In Maart 2004 het Steyn met projek XG afgeskop, waarmee hy die kinders meer geleer het omtrent basiese morele waardes en standaarde. 10fm is die opvolg van daardie projek en sedert die bogenoemde afskopdatum, het ons reeds:
· meer as 440 suksesvolle vertonings agter die rug
· oor die 280 000 km landswyd getoer
· ten minste 340 000 kinders gesien
· meer as 107 000 cd’s verkoop en
· daar is ook 2 musiekvideos op KykNet te sien
KLIK OP FOTO OM BETER TE SIEN